English
 
   
     

VERSLAAF AAN ELDER SCROLLS! Posted on (12/12/2009 9:02:51 AM)

Ek hoef regtig niemand te sê dat The Elder Scrolls 4 (Oblivion) n meesterstuk is nie. Maklike een van die beste speletjies ooit! Maar sedert 2008 is gerugte volop aangaande "project shadow realm" - Die nuwe Elder Scrolls titel ,maar dit blyk dat ons dalk n bietjie langer gaan moet wag vir TES5...

Bethesda die manne agter TES5 is tans besig met die opvolg van Fallout 3 wat vroeër vrygelaat was, alhoewel daar gespekuleer was dat TES5 min of meer in 2009-2010 vrygestel so word ,maar ek kan nie sien hoe dit gaan gebeur nie.

Daar is wel goeie nuus vir die TES aanhangers - Dit blyk dat daar n hofsaak teen die naam "Shadow Realm" ingedien is wat daarop dui dat die projek wel in werking is.Bethesda sal waarskynlik die naam verander.

The Elder Scrolls 5 Insider:

Baie leidrade in Oblivion en beweerde Bethesda-lekkasies het daarop gedui dat TES5 moontlik in die Black Marsh Provinsie sal afspeel.

-Die bogenoemde verwys na die TES RPG alleenlik, en nie die beweerde Elder Scrolls MMORPG nie, wat die blog-volk beweer in ontwikkeling is.

As jy enige inligting op die bogenoemde het kan jy kommentaar lewer.

Gooi mielies!

AANGAANDE ONS | LAAI SAGTEWARE AF | WERFKAART